Loka is so na aan my hart. Uit my hart….

Loka is ‘n kombinasie van my seuntjies se name, LOgan en KAiden en maak dit nog meer spesiaal. Ek het Loka op baie klein skaal begin in 2016 op aandrang van vriendinne om vir hulle dieselfde uitrustings te maak soos die wat ek vir myself maak.  My hoof fokus was my trourokke en kon nie genoeg tyd aan Loka afstaan nie en dit weer opsy geskuif.

Na my egskeiding in Desember 2016 was my passie vir die trourokke nie meer daar nie en moes ek die finale besluit neem op wat ek wil fokus en vandaar weer na aansporing, om weer Loka op die been te bring en sjoe …. Hoeveel het in ‘n kort tyd gebeur van daar af! Dat die Here absolut beheer in my toekoms geneem het, is verseker en ek kyk nie terug nie, al is daar struikelblokke in die pad. God stap hom saam met my.

Met 2 stiksters het ek met Loka begin en ons met blessings van Bo af, gegroei in ons eie fabriek in Mosselbaai wat werk verskaf aan 40 mense en help kos op hulle families se tafels sit.

Elke dag is vol uitdagings maar ons gryp dit aan, hou vas aan my geloof en ondersteuning van die mense om my.

Elke Loka skepping kom uit my hart en dra ek met lekkerte … my hart klop elke keer ekstra warm as ek iemand in ‘n Loka item sien … Trots!

Elke Loka item in jou kas is trots Suid-Afrikaans, met liefde aanmekaar gesit in Mosselbaai met uitgesoekte materiale en kleure.

Mag Loka net so groot liefde vir jou word soos wat dit vir my is …

Dankie dat jy my droom ondersteun!

Loka Liefde

Stellie

LOKA BOUTIQUES

Geleë in die hartjie van die Vrystaat is ons pragtige Bethlehem Winkel.

Die eerste winkel van al die Loka winkels, waar die eienaar, Stellie Louws se eerste drome begin het.

Hierdie winkel blom op die hoekie van Mullerstraat nommer 40.

Loka Bethlehem het vir 4 jaar al hul tuiste daar. Hier kan jy groot verskeidenheid vind van al ons pragtige Loka Reekse, Loka dames en kinder klere vir elke seisoen, bykomstighede soos leer handsakke, skoene, oorbele asook denims.

Loka Bethlehem bied ook n verstel opsie sou ń Loka item ń bietjie moet verstel word. Dit is ook Loka se verspreidingspunt vir al ons webwerf bestellings.

Besigheidsure:
Maandae tot Donderdae 09h00 – 17h00
Vrydae 09h00 – 16h30
Saterdae 09h00 – 12h00
Kontak 078 182 6738 vir enige navrae

Geleë in die Weskaap is ons pragtige Mosselbaai Winkel.

Ons pragtige Mosselbaai winkel blom op die hoekie van Marsh Straat nommer 8.

Loka Mosselbaai het vir 3 jaar al hul tuiste daar en bied ń groot verskeidenheid Loka dames en kinder klere vir elke seisoen, mooiste bykomstighede soos leer handsakke, skoene, oorbele asook ons eie denim reeks.

Loka Mosselbaai is ook die tuiste van ons eie fabriek.

Besigheidsure:
Maandae tot Vrydae 09h00 – 17h00
Saterdae 09h00 – 12h00
Kontak 083 735 4766 vir enige navrae

Geleë in die Oosrand Gauteng is een van die mooiste blomme Loka tuine.

Loka Oosrand bestaan al van November 2020 by 61 van der Walt Straat Dalview.

Loka Oosrand bied ń groot verskeidenheid Loka dames en kinder klere vir elke seisoen van die jaar, bykomstighede soos egte leer handsakke, belde, skoene, oorbele asook denims.

Besigheidsure:
Maandae tot Vrydae 08h00 – 16h00
Saterdae 09h00 – 13h00
Kontak 072 304 4309 vir enige navrae

Shopping cart

0

No products in the cart.