LOKA is so na aan my hart...
Uit my hart!

LOKA is ‘n kombinasie van my twee seuntjies se name, LOgan en KAiden wat dit nog vir my  nog meer spesiaal maak.  Ek het LOKA op baie klein skaal begin in 2016 op aandrang van vriendinne, om vir hulle dieselfde uitrustings te maak soos die wat ek vir myself maak.  My hoof-fokus op daardie stadium was trourokke en aangesien ek nie genoeg tyd aan Loka afstaan nie, het ek dit weer opsy geskuif.

Na my egskeiding in Desember 2016 was my passie vir die trourokke nie meer daar nie en moes ek die finale besluit neem op wat ek wil fokus.  Vandaar het ek weer - na baie aansporing - Loka op die been gebring. En sjoe...

Soveel het in ‘n kort tyd gebeur van daar af!  Dat die Here absoluut beheer oor my lewe en toekoms geneem het, is verseker en ek kyk nie vir 'n oomblik terug nie.  Al is daar soms struikelblokke in die pad, stap God elke dag die padjie saam met my en my LOKA span.

Met 2 stiksters het ek met Loka begin en ons met blessings van Bo af gegroei in ons eie fabriek in Mosselbaai, wat werk verskaf aan 40 mense en help kos op hulle families se tafels sit. 

Elke dag is vol uitdagings, maar ons gryp dit aan, hou vas aan geloof en ondersteuning, en beur voort. 

Elke Loka skepping kom uit my hart en dra ek met trots en lekkerte...  Elke Loka produk in jou kas is trots Suid-Afrikaans en met baie liefde (in Mosselbaai) aanmekaar gesit met materiale en kleure wat daai skepping spesiaal maak. 

My hart klop elke keer ekstra warm as ek iemand in ‘n Loka skepping sien...
Trots!

Mag Loka net so groot liefde vir jou word, soos wat dit vir my is...
Dankie dat jy my droom ondersteun!

Loka Liefde

The cookie settings on this website are set to 'allow all cookies' to give you the very best experience. Please click Accept Cookies to continue to use the site.
You have successfully subscribed!